Quantcast
Channel: Pan Macmillan » Kenya
Viewing all articles
Browse latest Browse all 10

Auma Obama wys sy hoef nie vir broer Barack terug te staan nie in And Then Life Happens

$
0
0

And Then Life HappensToe Auma Obama, president Barack Obama se halfsuster, Suid-Afrika onlangs besoek het om haar memoir, And Then Life Happens, te bemark, het Margot Pakendorf en Janice Keogh die boek se bekendstelling by die Goethe-instituut in Johannesburg bygewoon.

Albei is ná die bekendstelling daarvan oortuig dat hierdie vrou, wat van kleins af in opstand gekom het teen die paternalistiese stelsel in Kenia en sonder haar pa se toestemming ‘n beurs by ‘n Duitse universiteit aanvaar het, allermins op haar halfbroer se roem hoef te ry. Sy het uiteindelik na Kenia teruggekeer waar sy vir die nie-regeringsorganisasie Care gewerk het en op die oomblik staan sy aan die hoof van Sauti Kuu, ‘n organisasie wat veral meisies bemagtig om hul omstandighede te verander.

Lees Pakendorf en Keogh se berigte oor die bekendstelling:

Toe die Goethe-instituut ’n uitnodiging stuur vir die bekendstelling van Auma Obama se lewensverhaal dog ek ja wat, sy ry lekker op haar beroemde halfbroer (sy het hom eers as volwassene ontmoet in die 1980’s) se roem.

Ek woon dit toe wel by, weliswaar langtand.

Maar was ek bly dat ek gegaan het! Sy is so sterk, welsprekend en intelligent soos haar broer. Toe die vrou wat haar moes bekend stel haar boek langdradig begin opsom, onderbreek sy haar summier, sê sy is ongemaklik daarmee, vra kan sy buitentoe gaan totdat die vrou klaar is en dan vir vrae terugkom? Sy vat duidelik nie kaf van kabouters nie, dog ek.

Haar broer is die eerste swart president van die VSA en in restaurante en in lughawens wêreldwyd word sy oorval deur mense wat meer oor Barack Obama wil weet.

Dit het so erg geword dat Auma Obama haar deesdae net met haar voornaam voorstel en as iemand begin vra: “Maar is jy nie?.. dan jok sy.

Boekbesonderhede


Viewing all articles
Browse latest Browse all 10

Latest Images

Trending Articles





Latest Images